DON LE MEER REEKS
Uiteindelik het ons ’n eg Suid-Afrikaanse reeks gevind wat deur ’n baie bekende reus van Suid-Afrikaanse skrywers geskryf was, naamlik Elmar Steyn. In die tipies Steyn tradisie, was die verhale almal vol aksie en avontuur. Die verhale was eietyds in die dae van die sogenaamde rooi gevaar, met Don Le Meer as geheime agent wat al wat rooi en gevaarlik was moes beveg. Don was die “007” van Suid-Afrikaanse geheime agente en het ook altyd ’n mooi metgesel in die verhale gehad, (deur Koos Papenfus).
9. Don Le Meer - Agent vir die staatspresident 10. Don Le Meer - Die priester van Maconda